
Sean Michaels
01 Apr 2017
Hy het opgestaan.....
Inhoud:
1. Bedanking
2. Waar bevind ons onsself
3. Herstel en ondersteuning van Beulah
1. Bedanking – Ek kan nie genoeg vir jou bedank vir jou bydrae in die oomblik van nood in ons lewe en ook die besorgheid oor ons welsyn en die toestande op Beulah Retreat. Dat die fasiliteite behoue gebly het, bly vir ons ‘n beskiking van die Vader. Daar is ook geweldige wonderwerke in die manier waarop mense help voorsien het deur fisiese hulp, gebede, fondse en net daardie oproep om te hoor hoe dit gaan.
Ons is bykans klaar met al die opruimingswerk en kon vanaf 6 April weer gaste begin inneem. Daar is nog afrondings werk aan die buite kant van geboue wat nog nodig is en ‘n paar pype wat begrawe moet word, maar selfs in die herstel is daar vir ons beskikking deur dat ons lekke opgetel het op ou pype en kragkabels kon vernuwe met sertifisering.
Die sterk winde veroorsaak nog baie stof en as in die geboue so die opruiming is maar deurlopend. Kyk gerus na areas waar ons nog hulp versoek en toekomstige planne.
2. Waar bevind ons onsself ?
“Hy het opgestaan!!”
“Jesus, Jesus, Jesus” bly my uitroep deur die nagte die afgelope vier jaar. In die wadi’s van die Nagev woestyn, op gebergtes van Masada, Arbel, Moria en Zion, langs die see van Galilea, in die lope van die Jordaan Rivier by Banias het ek gaan soek na die tasbare belofte van Jesus:
Mat 28:20 and behold, I am with you all the days (perpetually, uniformly, and on every occasion), to the [very] close and consummation of the age. Amen (so let it be).
Dit is ‘n diep, diep verlange wat in die woorde van Ps 42 uitroep: “soos ‘n hert smag na waterstrome, so smag my siel na U o Heer”. Dit is die uitroep in ‘n stort vloed van trane: “My Jesus my saviour, Lord there is no like you, All of my days, I want to praise the wonders of Your mighty love”, wat my van diep binne dring in die onversadigbare smagting na ‘n liefde onbeskryflik.
Die Woord sê egter dat God het my eerste lief gehad en dat terwyl ek nog in sonde was het Sy bloed my reeds gereinig van alle ongeregtigheid (Rom 5). Al wat vir my oorbly is om Hom lief te hê. Dit is die liefdes intensie van my hart wat ek in die seisoen aan vaskleef. ‘n Intensie wat so diep in my wese vasgebrand is, dat dit selfs my eie gedagtes en luste van die siel as ‘n innerlike stryd en verraad teen my dieper wese beskou. ‘n Intensie van liefde tot God, wat my laat jubel en dans, tenspyte van omstandighede en donker wolke stof en as in my gemoed.
Ek beleef net soveel goeie Christene, wat reeds oorwin het oor sekere area in hulle allerdaagse omgang, word nou aanhoudend aangeval in daardie selfde areas waar verwerping, bitterheid, luste, onvergewingsgesindheid en ander vorme van aanslagte in die verlede gemanifesteer het. Ek sien hoe ek myself wil oordeel met die verlede en moet veg teen gedragspatrone wat my in skande en veroordeling inlei. Die aanslae raak so erg dat ek nie meer die liefde van God kan vertrou om uit my te vloei nie. In sulke geleenthede gryp ek net vas aan die diep intensie van my hart en hou aan sê vir myself dat my intensie in die situasie is liefde, al beleef ek of ander dit nie so nie. Ek moet net bly glo in my suiwer intensie, al rebelleer my optrede en gedagtes.
Dit is in sulke tye wat ek ook in my stilte tye sit en wag en dit is regtig “stil”, en al waarop ek myself kan beroep is die suiwere intensie van my hart, dat ek net my liefde wil betoon teenoor my Eerste Liefde deur die verwagting en afwagting in my hart. Dat Hy ook ‘n verwagting en afwagting het, dat ek by Hom net moet kom sit en wees en Hy daardeur liefde vanaf my beleef.
Die brande het ‘n groot vraag by my geskep want skielik in ‘n oomblik word my roeping, geloof, teologie, my lewe en die van my gesin, my finansiele sekuriteit en erfenis alles bedreig. Die grense waarbinne ek my lewe bedryf, het skielik nie meer sin gemaak en ook nie die antwoorde verskaf tot vrae. Die clichés wat so graag uitgedeel word in die situasie, maak nie sin nie en diegene wat dit kom aflewer was nog nooit in sodanige situasie om hulself daarmee te kan vereenselwig nie. Maar hulle het ‘n antwoord vir hulle “Box”, waarin hulle hul teologie, geloof en clichés in beoefen en soos ek, ook glo dat die “box” is die volle waarheid en dit gee vir my doel in die lewe.
Ek kyk vanaand die film Risen, wat handel oor die 40 dae na Jesus se opstanding. Ek word daarin gekonfronteer met wat moet die dissipels gedink het toe hulle “box” skielik Bl 3 / 7 so oopskeur en hulle investering oor drie jaar van hulle lewens tot ‘n einde kom. Hulle het al hulle tyd, finansies, verhoudinge en gesinne verloor, omdat hulle geglo het in die Jesus wat vir hulle ‘n uitkoms gaan bring uit hulle omstandighede of vrese. Het hulle al die antwoorde gehad? Watter vrae sou hulle vir Jesus vra as hy skielik verskyn? Wat het hulle verwag sal gebeur na die kruisiging? Wat het in die gedagtes van die soldate aangegaan na die opstanding? Wat was hulle vrae?
Ek ontmoet ‘n week gelede ‘n man wat my vertel dat hy in die Hemel was en daar vir Simson ontmoet het. Dadelik kom my Kinder Bybel prentjie op van die reuse groot figuur, wat selfs vir my sal laat klein lyk. Spiere wat bult en seersekerlik ‘n “six pack” was die verwagting. Die persoon deel egter dat hy het eers vir Simson aangevoel deur die ervaring van krag en outoriteit, en toe hy omdraai toe staan ‘n man van gemiddelde hoogte agter hom. Die feit is dat die Filistyne het vir Delilah na Simson gestuur, nie om te bepaal op watter steroides of hormone hy is nie, maar “waar sy krag vandaan kom.” So het ek ook my Kinder Bybel “box” gehad oor Simson.
Ek besef net dat ek ‘n paar “Boxes” het om af te breek sodat ek in grootter geloof kan wandel in die volheid van Jesus. Ek sien in Mat 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Ek het gaan bedien in Riversdal op ‘n mannekamp. Op pad tussen Bonnivale en Swellendam sien my seun Johannes (8) die brande in die berge. Die CD Beautiful Surrender speel kliphard terwyl hy op eie innisiatief hardop die brande begin bestraf en vir die 20 minute tot in Swellendam uitroep tot God om reën te stuur en die optrede van satan te smoor. Ek hoor hoe hy spreek “soos in die Hemel so ook op die aarde” en “laat die koningkryk van die hemel kom.” Toe ons in Riversdal by die kampplek stop, toe begin dit reën en so ook reg deur die nag. Is dit nie waarom Jesus sê dat ons die geloof van ‘n kind moet hê en dat die kinders die koningkryk van die Hemele sal besit. Mat 18:4 Whoever will humble himself therefore and become like this little child [trusting, lowly, loving, forgiving] is greatest in the kingdom of heaven.
Ek moes gedurende die brande leer om ‘n posisie op te neem in die koningkryk van die Hemel en moes spreek tot winde en vuur in outoriteit en kon sien die fisiese uitwerking daarvan. Ons moes in geloof staan in die opruiming en herstel van die gronde, terwyl my gemoed regtig laag was en daar geen bron van inkomste was. Ons kan egter nou deur die genade van God getuig, dat waar ons Januarie begin het met uitstaande skuld van Desember op lopende uitgawes, Vader se voorsiening deur die omstandighede so volmaak was dat ons alle lopende uitgawes tot op datum kon diens en meer fondse deur ons rekening vloei as wat ons nog ooit die afgelope 17 jaar gehad het.
Ons moet weer uit die as opstaan met die groter visie van Vader, want Jesus se roeping kom ook eers in vervulling nadat Hy opgestaan het en die groter realiteit ‘n werklikheid geword het. Die visie en intensies waarmee ons Beulah begin het staan nog, maar ons besef net dat die verandering in die sosio-politieke omgewing ‘n plek van wegbreek en versoening met God, net ‘n al hoe groter rol begin speel, want sonder tyd en versoening met Hom het ons nie die rus en kapasiteit om Sy Hemelse werke hier op aarde te manifesteer nie. Ons glo dat die Beulah bergvesting ‘n fasiliteit moet skep waar Christene herstel kan word in hulle geestelike outoriteit en ‘n wegkom plek bied van die aanslae in die “valleie van dood skadu”, sodat hulle kan opstaan in hulle groter Goddelike roeping.
Ons besef dat daar baie mense nou is wat moet opstaan uit fisiese omstandighede en emosionele donker plekke en hoop nodig het vir die vervulling van hulle Goddelike roepings. Daarom wil ons die bergvesting versterk om sodanige mense te kan help en ondersteun met middele sodat hulle ook kan weet hulle is te belangrik om verlore te gaan. Tye is soos die skrifte van Matteus 24 en ons sien Beulah as ‘n plek van heenkome. Mat 24:16 Then let those who are in Judea flee to the mountains;
3. Herstel en ondersteuning van Beulah
Die gebrande bome en bosse is regoor die gronde (4.5 hektar) reeds afgesny en op kontoer lyne gesorteer om erosie te voorkom en afgekapte bome is verwyder. Drie van die gebrande geboue se water en elektrisiteit is herstel en geboue is reeds binne uitgeverf. Ons hoop om akkomodasie weer normaal te laat verloop teen 6 April.
Ons beleef egter die afgelope paar weke baie sterk winde. Die effek is ‘n voordurende roet en as wat die geboue binne vol stof laat. Alhoewel groepe al kom help skoonmaak het, is die werk ongedaan gemaak en moet ons maar weer van vooraf “spring clean”. Dit gaan nie stop voor die reëns begin val nie.
Ons kon egter ook met al die hulp water tenks herstel en alle water toevoer tot geboue vernuwe met nuwe pype, nuwe riool afvoer en ook nuwe krag kabels wat die lading beter kan versprei. Dit is werklik asof 17 jaar se raap en skraap en elke sent omdraai nou lei tot ‘n effektiewe restorasie en opknaping. Dit is werklik ‘n buitengewone werk van God.
Ons het in 2014 ‘n strategie opgetrek vir die herstel en verbetering van Beulah en omstandighede gee nou vir ons die geleentheid om baie van die aksies te implementeer. Ons strategie is om ‘n veilige en gemaklike akkommodasie te skep, maar teen bekostigbare tariewe.
Daarom kyk ons na die vervanging van ou meubels en slaapgeriewe, met kwaliteit alternatiewe wat die boodskap aan die gebruiker stuur dat hulle waardevol is. Dit moet funksioneel kan wees vir die volgende 20 jaar.
Verder moet die geriewe bekostigbaar wees of selfs gratis beskikbaar gestel kan word. Daarom werk ons daaraan om die vaste kostes van Beulah te verminder tot op ‘n minimum vlak. Hier het ons die vooruitsig van die afskryf van verbande wat nog 5 jaar het voor aflos datum en ook die vermindering van elektrisiteit kostes. Ons het egter in die areas steeds hulp nodig en wil graag ander betrek by die uitleef van die visie wat Vader hier wil doen om die Ligtoring te vestig in die poorte van Kaapstad.
Hulp word versoek in die volgende areas:
Geboue inkleding - Ons het ‘n behoefte om die geboue binne in te klee op sodanige wyse dat ‘n persoon bederf en versorgd voel. Daarom benodig ons ordentlike matrasse en beddens, sitbanke en leunstoele en self ook los matte en daarin versoek ons hulp. (Die meubels kom uit ons Truters se huis en is meestal tweedehands aangekoop of oorgeerf met ons troue 27 jaar gelede. Van die matrasse het nog die handvatsels op die kante en die metaal “breather” plaatjie. Dit was 40 jaar gelede die beste maar nou nie meer nie) Miskien is daar ‘n kerk of groep vriende wat wil investeer in ‘n kamer se inruiming in ‘n plek waar jy selfs wil kom wegkruip in stilte en afsondering. Wat van ‘n kaggel installasie borg vir jou volgende winter retreat? Die versoek is nie so moeilik nie want daar is dalk ou gordyne, bedkassie, leunstoele, spieels, foto rame of sulke items wat erfstukke is en jy wil van ontslae raak.
Sekuriteit en toegangbeheer. Ook raak dit fisies ‘n al hoe groter sekuriteit gevaar en daarom het ons ook nodig om sekuriteit op te skerp in die vorm van sekuriteits hekke, noodprosedures, alarms, grensdrade en toegangs beheer. Hier kan hulp verleen word deur fisies te kom help drade span, hekke sweis en installeer en toegangs hekke ontwerp en bou. Miskien weet iemand van veiligheidshekke wat beskikbaar is of bronne waaruit ons kan delg. (Trellidor het ons gekwoteer R195,000 vir veiligheidshekke voor alle buite deure, net om die omvang van potensiele kostes aan te dui. Daar is egter ander goedkoper en effektiewe opsies)
Ons wil ook aan toegangs roete werk en paaie uitlê op die gronde. Ons benodig bakstene, randstene en watervoortjies. Diggerloaders, Sement mengers en werkspanne kan hier van hulp wees.
Gebeds areas en paadjies. Doelwit is om paadjies op gronde te herskep en gebeds areas met houtsparre en bankies uitlê. Daar is tans geen bosse of bome op ons gronde nie en daarom moet daar areas geskep word om te kan sit en oor die pragtige landskap uit te kyk. ‘n Landskap skepper kan hier goed van pas kom en werkspanne daarmee saam. Miskien weet jy van tuinbanke of selfs bakstene wat rondlê wat deel kan raak van ‘n paadjie. Ons gaan ook van voor af bome moet aan plant en inheemse plante. Miskien het jy idees, verwysings of wil self betrokke raak by die herstel van die gronde deur werkspanne.
Gronde uitleg en erosie bekamping. Ons gaan ook grondverskuiwings toerusting nodig hê om terasse te skep om die water op die gronde terug te hou en verspoelings te voorkom. Selfs sementblokke vir stutwalle en voortjie vir water kanale. Huidige kwotasies beloop R350 per uur en ons gaan ten minste drie dae (24 werksure) die dienste benodig.
Ons benodig iemand om vir ons die argiteks planne en infrastruktuur beplanning van Beulah op skaal te plaas. Ons planne is verouderd en glad nie op datum nie. Ons kan al die opmeting doen as iemand dit kan “capture”.
Ons het ook noodsaaklike herstelwerk aan geboue wat hulp benodig van profesionele bouers en ingenieurs vir beveiliging van strukture teen grondverskuiwing en erosie. Van ons stoepe begin sak oor die jare en ons het wysemanne nodig om te help plan maak.
Ook het ons raad en middele nodig om te beweeg na sonverhitting en alternatiewe krag voorsiening. Ons is in die proses om oor te skakel na sonverhitting op die geysers, wat R20,000 per geyser beloop en daar is vier wat gekoppel moet word. Hulp sal waardeer word. Kwotasies om van Eskom voorsiening weg te beweeg beloop R300,000. Dit is ‘n opsie om te oorweeg aangesien dit terugwerkend is in 10 jaar op huidige tariewe en op maandelikse vastekostes ‘n kwart van die kostes gaan bespaar. Ons gebruik is slegs 40% van die maandelikse rekening en die res van die kostes is ESKOM lyn voorsieningskoste.
Bemarking en blootstelling. Daar is ‘n groot behoefte om die bemarking aan die gang te kry, waarvan ‘n nuwe Webblad die eerste stap is. Ons wil graag die webtuiste in April reeds aktiveer. Hier kan webontwerpers, fotograwe, bemarkers en administrasie personeel help.
Vervanging van vensters en deure. Houtvensters en skuifdeure aan die voorkant van Beulah moet dringend vervang word na 45 jaar. Van die items is al gevrot of word permanent toe geskroef gehou omdat dit net nie meer funksioneel is nie. Ons kyk na alluminuim as ‘n alternatief vir vervanging en self omskep van bestaande stoepe in toe sit areas, wat waterskade op strukture kan verhoed. As jy weet van beskikbare materiaal of selfs die kundigheid het om te help, sal ons dit waardeer. Ons het ‘n verskaffer wat ons reeds baie goedgesind is en daarom sal finansiele ondersteuning ook ‘n oplossing bied.
Aflos van verbande. Ons dra nog verbande met aflos waarde van R250,000 en verval datum in 2022. Die koste daarvan beloop 30% van maandelikse bedryfskostes. Ons is op soek na alternatiewe finansiering of volkome aflos van die uitstaande bedrag.
24 uur gebeds huis. Ons saai die gedagte want dit is al baie lank deel van die visie. Ons soek deelnemers aan die projek waar ‘n gebedshuis met vrye toegang hier gevestig kan word. Dit gaan ontwerp, goedkeuring, finansiering en konstruksie behels van tenminste R1,500,000. Ons vertrou dat die geleentheid dit sal voordoen in die poorte van Kaapstad.
Dankie dat ons met jou die nuus en behoeftes kon deel en vertrou dat jy ons ook in jou gebede kan hou vir die volle vervulling van Vader se droom vir die gronde.
Liefde
Jacques en Hanneke
