
Jess Wilder
01 Dec 2016
"Soos in die Hemel so ook op die Aarde"
Liewe vriend
Hier is die naaste vorm aan ‘n outydse brief. My gedagte was om met mense na aan ons te deel wat in ons lewe aangaan. Ons wou dit persoonlik maak en as ek geweet het die poskantoor sal dit kan aflewer voor 2018 dan het ek dit vir jou persoonlik gepos. Jy naam het opgekom as iemand wat ons deel wil hê van ons lewe en weens die persoonlike verhouding wil ons nie net ‘n Facebook Post gemaak het nie, maar jou persoonlik bereik.
Nee, ons soek nie geld nie en dit is ook nie ‘n kettang brief nie, dit is ook nie Google Cut – and-Paste Clichés nie, maar ons as gesin se lewens ervaring die afgelope jaar. As dit te veel van jou tyd gaan neem “skip” na die persoonlik nuus en weet dat ons aan jou gedink het deur die e-brief aan jou te adresseer.
Seen en liefde
Jacques, Hanneke, Willemien, Tarien en Johannes
Inhoud:
1. Ons leer ervaring vir die jaar – Die liefdevolle Vader
2. Gesins persoonlike nuus
1. Die liefdevolle Vader
Vanaand wys ek vir Johannes(8) die skildery van Rembrandt van Rijn, die Verlore Seun. Hy is gefassineer deur die verslonsde en verwonde toestand van die seun en vra dat ek vir hom die storie lees teen bedtyd. Hy lê in my arm terwyl ek aan hom breedvoerig elke element van die gelykenis vertel. Telkens is daar vrae: “Wat is die huurlinge wat vir die vader werk? Hoekom wil hy net ‘n huurling wees? Wat is ‘n mantel? Hoekom kry hy nuwe skoene? Is die ring soos mamma se ring?” Dit bly my beste verhaal in die Bybel want hier bring Jesus iets van “soos in die hemel, so ook op die aarde”.
My boodskap aan Johannes is dat dit maak nie saak wat gebeur nie, dat my huis altyd oop sal wees vir hom. Hy knik sy kop bevestigend en ek kan sien hoe daardie koppie werk, so asof die woorde insink op ‘n diep, diep plek daar binne (Ps 42). Voor Johannes aan die slaap raak, fluister ek in sy oor: “Pappa is baie lief vir jou.” Hy trek my arm styf teen hom vas, waar dit om hom gevou is, soos ons lepel lê. Sy laaste woorde: “Ek is lief vir Pappa.”
My eerste “woord” wat ek gekry het as ‘n wedergebore Christen was:
“Joh 21:16 Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.”
Met hierdie woord het ons Beulah begin en moes ek my eie kapasiteit om liefde te gee beproef deur materiele voorspoed en sekuriteit af te staan, sodat ander liefde kon beleef deur omgee en versorging. Ons het saam met helings bedienings beweeg en is uitgedaag deur die ongemak van onkunde en vrees vir die onbekende geestelike realm, sodat ander liefde kon ontvang deur heling en bevryding. Vrese vir verkeerd wees en vrees vir mense is uitgedaag deur vergifnis te vra vir vreemdelinge vir sondes teen hulle gepleeg deur mans en vaders soos ek, sodat hulle liefde kon ervaar deur heling van verwerping en bitterheid. My interpersoonlike ruimtes het in die slag gebly deur iemand op die skoot te tel of selfs by ‘n volwasse man te gaan lepel lê, sodat iemand die liefde van koestering kan ontvang en kapasiteit kan kry om te vergewe en die liefde van die Vader te kan ontvang.
Die kraan is stywer toegedraai deur dat ek en Hanneke deur emosies en vrese moes werk in ons persoonlike verhouding, wat ons nie eers geweet het bestaan nog nie, sodat ons kapasiteit en empatie kon ontwikkel vir die seer van ander. Verder moes ons ontdek hoe die gebrek aan kapasiteit tot liefde ons optredes en keuses beïnvloed. Ek moes die emosionele vrese van verwerping oorkom deur my kinders vergifnis te vra vir die effekte van my sondes op hulle. So is ons ook deur die drukgang gesit in persoonlike verhoudings en moes leer liefde gee waar daar net verwerping en hartsverharding is, sodat ‘n ander persoon kapasiteit kry om die Vader te vertrou en hulle skandes en skaamtes te oorkom, sodat hulle liefde kan beleef.
Ek wil dit net duidelik maak dat ek nie reken ek was altyd reg in my optrede of selfs gebrek aan optrede in verhoudings nie. Al wat ek hier probeer weergee is dat vir my was elkeen van die belewenisse ‘n emosionele stryd, met in baie gevalle, baie seer wat ek agterna moes gaan deur werk. Ek kan onthou hoe ek in een geval ‘n man se voete moes was, nadat hy my sopas so sleg gesê het en al die innerlike wonde in my oopgevlek het. Sy vrou was in ekstase oor die heling wat hy beleef het daarna, maar ek kon vir drie weke nie met vrymoedigheid voor die Vader kom as gevolg van my eie seer en verwerping wat ek beleef het. So ek spreek van my eie proses van “dood tot die self” en my groei deur my vrese en skande, sodat ek kan kapasiteit ontwikkel om ‘n kanaal van Vader se liefde te raak en self ook Sy liefde te kan ontvang. In die proses het Jesus net groter geraak in my oë.
Heb 5:7-9 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword
“Jesus ek weet nie hoe U dit reggekry het om as mens deur die emosionele en fisiese stryd te gaan nie. Wat was die grootste lyding, die fisiese kruisiging of die verwerping en teleurstelling as die dissipels nie U grootste nood saam met U deurmaak nie, deur te slaap of U te verloën. Kan dit wees hoekom U vir Petrus drie keer vra: “Het jy my lief”. Dit nadat U vir hulle telke male vertel het van die komende dood en verdrukking. Jesus, Jesus wees my ongeloof begenadigd.”
Ek moes so leer ervaringe emosioneel deur werk en my eie tekortkominge om liefde te gee en te ontvang is ontbloot. Die diepe seer van eensaamheid, verlatenheid en gebrokenheid in my sonde was egter die dryfveer om meer vas te hou aan my waardigheid as ‘n seun van God en met die verdere uitvloei van ‘n verdieping in wie Jesus is en Sy werke vir my.
In die woorde van: Heb 12:2
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
‘n Konsep wat my op die oor geval het ‘n paar jaar gelede was om liefde te gee “beyond consequences”.
Die konsep word as volg beskryf:
“Parenting from a love based paradigm means going beyond our children’s behavior and beyond consequences to first see that negative behavior is a form of communication and that negative behavior is a response to stress. If we see the kicking and screaming child as one who is having difficulty regulating due to an overflow of feelings, we can learn to stay present with the child in order to help him modulate these feelings and thus, help him to build his emotional regulatory system.
1 Joh 4:18-19 There is no fear in love [dread does not exist], but full-grown (complete, perfect) love turns fear out of doors and expels every trace of terror! For fear brings with it the thought of punishment, and [so] he who is afraid has not reached the full maturity of love [is not yet grown into love's complete perfection]. (19) We love Him, because He first loved us.
It took learning to love myself. First, though, it required a true understanding of the essence of love. We cannot give something we don't understand or something we have not yet received. Loving yourself is the key to being able to love others unconditionally, without requirements. This is especially essential to parenting a child with a trauma history who simply does not have the capacity to receive love or reciprocate love due to the intensity of his/her internal pain and fear.
When unconditional love is put into action, it truly is the "cure" to creating peace in the home. It simply takes learning how to put it into action. Traditional parenting techniques are fraught with fear, disguised as love. Shifting your perspective to allow the light of love to overcome the darkness of fear is the only way.”
Die konsep van “beyond consequences” is nie iets wat ek volkome gaan verstaan in die leeftyd nie, maar ek bedink dit in elke verhoudings situasie waarin ek my bevind. Dit help my om te verstaan dat dit nie altyd gaan oor wie reg en wie verkeerd is nie, maar die verskillende partye nie noodwendig die emosionele kapasiteit het om liefde te kan ontvang of gee in die spesifieke situasie nie. Verder help dit my om te besef dat dit gaan nie eers altyd oor my nie. Dat dit nie ek is wat noodwendig as mens nie waarde het nie, maar die ander persoon ontbreek kapasiteit tot liefde ontvang of gee in daardie spesifieke situasie weens hulle eie seer en vrese. Die gedagte gee weer vir my die kapasiteit om myself uit te daag buite my vermoeens om liefde te gee “beyond consequences”.
Vader, ek bid vir [naam] dat hy in die oomblik U ope en ewige arms mag beleef as U hom wil koester in U liefde en in die sekuriteit van U ewige nabyheid. Kom fluister vir [naam] U liefdes woorde sodat alle skandes en vrese verbreek word wat hom mag weerhou van die vrymoedigheid om elke oomblik van die dag te kan wandel in U teenwoordigheid. Skep in hom die kapasiteit van die liefde van die Vader om ‘n kanaal te kan wees van liefde tot die gebrokenes, verwerptes en elkeen wat nie die volheid kan ontvang van U liefde, weens hulle eie gebokenheid, vrese en belewenis van waardeloosheid. Vader, U onuitspreekbare naam, verteenwoordig die konsep van onvoorwaardelike barmhartigheid. Maak [naam] ‘n kanaal van U barmhartigheid en beskerm [naam] se hart teen verharding, deur U liefde wat alle vrees wegdryf.
2. Gesins Nuus
Jacques
Die jaar het begin met die Woord: “raise up generals to lead armies” Dit val in by die afgelope sewe jaar se bedienings voorbereiding en groei volgens ons joernale. Die aanwending was egter meer op ‘n persoonlike vlak en daarom moes ons ons hulpbronne daarvolgens aanpas. Dit het behels die verandering van Beulah na self-versorgings eenhede en om ons bedryfskostes en arbeidslas te verlaag en terselftertyd vir die gas die geleentheid meer bekostigbaar te maak. Dit was ‘n groot finansiële uitdaging in kapitaal en kontantvloei en bronne van ondersteuning is in die proses verloor, maar Vader het buitengewoon vir ons deurgekom. Ons het ons fokus geplaas op individue en ons middele en tyd gesaai in die opheffing van ander in hulle onderskeie roepings. Dit het ook behels om te reis om mense te besoek in hulle eie omgewings en hulle te versterk in hulle hoop en geloofs wandel. Ek het die persoonlike insette en dissipelskap baie geniet en moes tap uit die jare se ervarings en wyshede. My skrif vir die tyd en seisoen is Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Ek spandeer baie tyd om net te wag op God en die geestelike aard van Sy wese en koningkryk te bepeins. Dit gaan dan ook my fokus wees in die nuwe jaar wees om meer van die hemel op aarde te kan vestig in my lewe.
Hanneke
Hanneke skryf: “Hierdie jaar was my grootste fokus op geestelike en fisiese vlak “legacy”. In my vrye tye is ek besig met ons familie geslagsregisters (voor- en nageslagte). Aan my en Jacques se kant, albei ouers ens…Dis só interessant! Aan my pa en ma se kant het ons voorgeslagte byvoorbeeld heelwat plase in die Drakenstein gebied besit…met slawe en als wat daarmee gepaard gegaan het. (Here, vergewe ons waar ons in my voorgeslagte mense sonder liefde behandel het…). Familie geskeidenis sluit in oorloë, konsenstrasie kampe, weeshuise, ook groot invloed op politieke gebied en ‘n paar geheime organisasies.
Net soos my aksies en keuses vandag, ‘n nalatenskap skep vir my kinders, net so leef ek gevolge van die aksies en keuses van my voorgeslagte. So het ek geleer dat heelwat kroniese siekte toestande nie net ‘n patroon volg in die geslagte oor eeue nie, maar dat iets soos “long-term-fear-and–anxiety” definitiewe gevolge het, op my en op my kinders se gesondheid. Hoeveel keer beveel Vader nie in die Woord “moenie vrees nie”? Behalwe dat ek in sonde is deur te vrees, bring konstante stress gesondheidsprobleme voort. (Here, my voorgeslagte se omstandighede was deurtrek met situasies wat vrees en stress veroorsaak het. Vergewe ons waar ons nie na U gedraai het sodat U liefde alle vrees kan wegdryf nie. Vergewe ons asseblief waar ons generasie ons lewens vol vrees en stress toelaat en dan saampraat oor die “siekte van die tyd” – ons besige programme en stress-volle lewenswyses. Bring U asseblief vir my genesing en maak my sensitief op my keuses. Heilige Gees kom leer my asseblief.)
Die Woord se betekenis breek vir my op nuwe maniere oop en ek probeer meer toepas. Een voorbeeld is toe ek lees in Spreuke: Pro 28:27 He who gives to the poor will not want, but he who hides his eyes [from their want] will have many a curse. [Deut. 15:7; Prov. 19:17; 22:9.] Ek besef dat terwyl ek ernstig bid vir ons en ons kinders se voorsiening vir volgende jaar, ek voor Vader moet staan en bely dat ek nie altyd gegee het toe ek moes nie. (Vader, vergewe my en my voorgeslagte waar ek en ons nie gegee het vir die armes nie, waar ons ons rug op hulle gedraai het en selfs te na gekom het. Ek bely selfsug, gierigheid en trots. Vergewe ons asseblief.) Gal 6:7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Gal 6:8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. Watter nalatenskap leef ek wat my voorgeslagte gesaai het? Wil ek dat my kinders dieselfde vrugte pluk?
Watter nalatenskap los ek aan my kinders? Wat saai ek in my geestelike lewe, in verhoudings, gesondheid? Daar is ‘n gesegde
“Insanity is doing the same thing over and over, but expecting different results”.
My gebed is dat ek en my nageslag hierdie geestelike beginsel van saai en maai met wysheid sal toepas in die toekoms.
Willemien – 21 jaar B. Ed (Grondslag Fase) Stellenbosch Universiteit
Die tweede jaar op Maties is reeds verby. Sy het haar goeie akademiese prestasies van die vorige jaar kon volhou en vier onderskeidings behaal. Sy het kwalifiseer vir ‘n Onderwys beurs wat haar finansieel kon deurtrek. Sy is goed gevestig in vriendskappe en geestelik sterk gefokus in haar verhouding met ABBA. ‘n Groot uitdaging was toe sy in ‘n ongeluk was en haar 1997 donkerblou Mazda afgeskryf is. Die voertuig het haar oupa vir haar gegee en is een van haar herhinneringe aan hom in die manier waarop hy altyd voorsien het. Haar ABBA het egter “alles ten goede laat mee werk” toe haar voertuig deur ‘n donasie vervang is met ‘n 2005 donkerblou Nissan Xtrail.
Tarien - 20 jaar Eerste Jaar B. Sc Stellenbosch Universiteit
Die jaar was ‘n uitdaging van aanpassing by die sekulêre wêreld, na ‘n jaar in die geestelike beskerming van die Gap jaar by Lewende Woord. Ons is trots op die manier waarop sy die uitdaging en veranderings aangepak het. Sy kon deur haar goeie akademiese prestasie op skool goeie beurse verdien wat haar studie universiteits gelde gedek het. Daar was sosiale aanpassings by die koshuis rondom kamer plasings en ook die blootstelling aan die politieke sensitiwiteit, wat so groot impak op kampus gehad het. Sy het haar egter willekeurig blootgestel aan sosiale interaksies, waaruit sy mense en hulle vertrekpunte kon leer ken en uit hulle agtergrond en vertrek punte te kon verstaan en akkommodeer. Die akademie was ‘n groot uitdaging met BSc se Chemie, Fisika en Biologie. Sy kon egter haar studies voltooi en het ook haar verblyf in die koshuis behou vir volgende jaar. Oor die algemeen het sy haar goed gevestig in haar beplanning vir haar toekoms en is geestelik en fisies op ‘n goeie plek gevestig in haar dissiplines.
Johannes – 8 Jaar Graad 2 Hugenote Laerskool
Hy het klaargemaak met graad 2 op Hugenote Laerskool. Hy is steeds die sprankelende, babbelende seuntjie, wat gesprekke aanknoop met enige ouderdom mense. Die jaar was ‘n groot bederf vir hom waar hy medaljes in Trampolien verdien het en net op verskeie maniere die “Favour” van ABBA gekry het. Die laaste is dan ook dat hy sedert Oktober vir ‘n paar audioloog afsprake was om sy gehoor te toets. Hy het tans 60 % gehoor in sy linker oor en dra sedert 2012 ‘n gehoor apparaat in daardie oor en die apparaat moet nou vervang word.
Sy regter oor se skulp is onderontwikkel en die gehoor kanaal is te klein vir eksterne ondersoeke. Hy is verwys na Rooi Kruis Hospitaal vir CT Scan. Daar is bepaal dat die gehoorbeentjies in die regteroor is nie geheg aan mekaar nie en ‘n operasie sal nie noodwendig op die stadium die gewenste wees nie. Die goeie nuus is wel dat die Koglea van die regteroor is beter ontwikkel as die van die linker oor en ‘n Koglêre inplanting is nie nodig nie. Dit beteken dat daar ‘n moontlikheid is van BAHA apparaat op die regter oor. Dit is ‘n pennetjie wat agter die regteroor in die been ingeplant word an daaraan word dan ‘n gehoor apparaat geheg. Die verwagte resultaat is beter gehoor in die regteroor as die linker oor. Ons vertrou vir die fondse daarvoor.
Intussen het sy Ouma Denise hom ingeskryf vir ‘n kompetisie op KykNet vir die befondsing van gehoor toerusting tenwaarde van R30,000. Hy wen toe die toekenning vir November maand en kry nou ‘n nuwe apparaat plus ‘n toestel waarmee die onderwyser direk tot sy gehoorapparaat kan spreek deur ‘n mikrofoon wat sy by haar dra. Die uiteindelike toekening is dan nog meer, met toerusting alleen van R45,000.
Sy lewe raak ook meer opwindend deur dat hy volgende jaar tuisskoling gaan ontvang. Ons voel ons wil self in sy lewe inploeg om sy natuurlike belangstelling en ondersoekende denke te stimuleer en ontwikkel. Dit maak dit ook moontlik om selfs sy taal vaardigheid te verbeter wat as gevolg van die gehoor, ekstra aandag benodig. Ons sien ook uit daarna om meer beweeglik te wees, en nie gebind aan skool ure en kwartale nie.
